Eksodus Chapter 15

For English

Read Eksodus Chapter 15 Online

Read Eksodus Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Eksodus 15

Hoofstuk 15

1. Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.

2. Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.

3. Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam.

4. Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.

5. Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ‘n klip.

6. o HERE, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand.

7. En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ‘n stoppel.

8. En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ‘n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.

9. Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.

10. U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.

11. o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

12. U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.

13. U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.

14. Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.

15. Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.

16. Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos ‘n klip, terwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.

17. U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here!

18. Die HERE sal regeer vir ewig en altoos.

19. Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.

20. En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ‘n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.

21. En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.

22. Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.

23. En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

24. Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?

25. En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ‘n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ‘n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef

26. en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

27. Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.

About Eksodus Chapter 15

Read Eksodus Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Eksodus
Chapter: 15
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Eksodus Chapter 15 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Eksodus Chapter 15?

Eksodus Chapter 15 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 15 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Eksodus

  1. Eksodus Chapter 4
  2. Eksodus Chapter 31
  3. Eksodus Chapter 12
  4. Eksodus Chapter 11
  5. Eksodus Chapter 3
  6. Eksodus Chapter 39
  7. Eksodus Chapter 29

Explore More from Ou Testament

  1. Deuteronomium Chapter 26
  2. Prediker Chapter 5
  3. Job Chapter 15
  4. Josua Chapter 9
  5. Deuteronomium Chapter 16
  6. Psalms Chapter 118
  7. Numeri Chapter 36

Related Chapters & Readings

  1. Klaagliedere Chapter 5
  2. Filippense Chapter 3
  3. Ester Chapter 4
  4. Numeri Chapter 8
  5. Psalms Chapter 120
  6. Spreuke Chapter 12
  7. Johannes Chapter 12
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *