Psalms Chapter 68

For English

Read Psalms Chapter 68 Online

Read Psalms Chapter 68 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 68

Hoofstuk 68

1. God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

2. (68:3) Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

3. (68:4) Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

4. (68:5) Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

5. (68:6) ‘n Vader van die wese en ‘n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

6. (68:7) God laat die eensames woon in ‘n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ‘n dor land.

7. (68:8) o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

8. (68:9) het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

9. (68:10) Met ‘n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.

10. (68:11) U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

11. (68:12) Die Here het die woord laat hoor—die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ‘n groot skare:

12. (68:13) Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.

13. (68:14) As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

14. (68:15) Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.

15. (68:16) ‘n Berg van God is die berg Basan, ‘n berg met toppe is die berg Basan.

16. (68:17) Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.

17. (68:18) Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

18. (68:19) U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!

19. (68:20) Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

20. (68:21) God is vir ons ‘n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.

21. (68:22) Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

22. (68:23) Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;

23. (68:24) sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.

24. (68:25) o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

25. (68:26) Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.

26. (68:27) Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!

27. (68:28) Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda—hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

28. (68:29) Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

29. (68:30) Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.

30. (68:31) Dreig die wilde gedierte van die riet—die trop stiere saam met die kalwers van die volke—die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

31. (68:32) Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

32. (68:33) o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

33. (68:34) Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem.

34. (68:35) Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

35. (68:36) Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel—Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

About Psalms Chapter 68

Read Psalms Chapter 68 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 68
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 68 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 68?

Psalms Chapter 68 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 68 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 117
  2. Psalms Chapter 121
  3. Psalms Chapter 31
  4. Psalms Chapter 134
  5. Psalms Chapter 15
  6. Psalms Chapter 120
  7. Psalms Chapter 87

Related Chapters & Readings

  1. Prediker Chapter 12
  2. Numeri Chapter 33
  3. Job Chapter 10
  4. Handelinge Chapter 26
  5. Jeremia Chapter 49
  6. Hosea Chapter 7
  7. Openbaring Chapter 13
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *