For English

Read Amos Chapter 2 Online

Read Amos Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Amos and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Amos 2

Hoofstuk 2

1. So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.

2. Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.

3. En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die HERE.

4. So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.

5. Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.

6. So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir ‘n paar skoene.

7. Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.

8. En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.

9. En tog het Ék die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.

10. Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.

11. En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.

12. Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!

13. Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos ‘n wa kraak wat vol gerwe is;

14. sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.

15. En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.

16. En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek die HERE.

About Amos Chapter 2

Read Amos Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Amos
Chapter: 2
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Amos. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Amos Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Amos Chapter 2?

Amos Chapter 2 is part of the Book of Amos in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Amos Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Amos

  1. Amós Chapter 1
  2. Amos Chapter 6
  3. Amos Chapter 5
  4. Amos Chapter 4
  5. Amos Chapter 8
  6. Amos Chapter 5
  7. Amos Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 67
  2. Jesaja Chapter 41
  3. Deuteronomium Chapter 28
  4. Levitikus Chapter 19
  5. Deuteronomium Chapter 15
  6. Psalms Chapter 33
  7. 1 Konings Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 18
  2. Efesiërs Chapter 5
  3. 2 Kronieke Chapter 7
  4. Jesaja Chapter 36
  5. Deuteronomium Chapter 11
  6. Eksodus Chapter 40
  7. Handelinge Chapter 12
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *