Read Psalms Chapter 37 Online
Read Psalms Chapter 37 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 37
Hoofstuk 37
1. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
2. want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
3. Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4. en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5. Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
6. en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
7. Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
8. He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
9. Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.
10. Wau. En nog ‘n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
11. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
12. Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
13. Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.
14. Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.
15. Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
16. Tet. ‘n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
17. want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.
18. Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
19. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
20. Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
21. Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;
22. want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.
23. Mem. Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.
24. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.
25. Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
26. Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ‘n seën.
27. Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;
28. want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
29. Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
30. Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.
31. Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
32. Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.
33. Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.
34. Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
35. Resj. Ek het die goddelose gesien, ‘n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ‘n groen inlandse boom.
36. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
37. Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.
38. Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.
39. Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
40. En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
About Psalms Chapter 37
Read Psalms Chapter 37 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 37
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 37 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 37?
Psalms Chapter 37 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 37 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Numeri Chapter 1
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 1
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 136
- Psalms Chapter 109
- Psalms Chapter 98
- Psalms Chapter 119
- Psalms Chapter 147
- Psalms Chapter 33
- Psalms Chapter 78