2 Kronieke Chapter 21

For English

Read 2 Kronieke Chapter 21 Online

Read 2 Kronieke Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Kronieke 21

Hoofstuk 21

1. En Jósafat het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Joram het in sy plek koning geword.

2. En hy het broers gehad, seuns van Jósafat: Asárja en Jéhiël en Sagaría en Asarjáhu en Mígael en Sefátja; hulle was almal seuns van Jósafat, die koning van Israel.

3. En hulle vader het hulle baie geskenke gegee in silwer en goud en in kosbaarhede saam met versterkte stede in Juda; maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want hy was die eersgeborene.

4. Maar toe Joram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van Israel.

5. Twee en dertig jaar was Joram oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.

6. En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.

7. Maar die HERE wou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens sy belofte om vir hom en sy seuns altyd ‘n lamp te gee.

8. In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ‘n koning oor hulle aangestel.

9. Daarom het Joram oorgetrek saam met sy owerstes en al sy strydwaens; en toe hy hom in die nag klaargemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat rondom hom was, en om die owerstes van die waens.

10. So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat.

11. Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.

12. Toe kom daar ‘n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,

13. maar gewandel het in die weg van die konings van Israel en Juda, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer het volgens die hoererye van die huis van Agab, en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u—

14. kyk, die HERE sal ‘n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed,

15. en u self sal aan baie siektes ly, aan ‘n siekte van u ingewande, totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom, jare lank.

16. Toe verwek die HERE teen Joram die gees van die Filistyne en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is—

17. hulle het teen Juda opgetrek en dit verower en al die goed weggevoer wat in die huis van die koning te vinde was, selfs ook sy seuns en sy vroue, sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Jóahas, die jongste van sy seuns.

18. En ná dit alles het die HERE hom in sy ingewande aangetas met ‘n siekte waar geen genesing voor was nie.

19. En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie.

20. Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar nie in die grafte van die konings nie.

About 2 Kronieke Chapter 21

Read 2 Kronieke Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Kronieke
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Kronieke Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Kronieke Chapter 21?

2 Kronieke Chapter 21 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Kronieke

  1. 2 Kronieke Chapter 23
  2. 2 Kronieke Chapter 1
  3. 2 Kronieke Chapter 36
  4. 2 Kronieke Chapter 33
  5. 2 Kronieke Chapter 32
  6. 2 Kronieke Chapter 19
  7. 2 Kronieke Chapter 7

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Kronieke Chapter 27
  2. Prediker Chapter 6
  3. Sagaria Chapter 1
  4. Numeri Chapter 15
  5. Numeri Chapter 28
  6. Psalms Chapter 3
  7. Jesaja Chapter 57

Related Chapters & Readings

  1. Spreuke Chapter 29
  2. Job Chapter 6
  3. 1 Konings Chapter 20
  4. Handelinge Chapter 1
  5. Klaagliedere Chapter 5
  6. Openbaring Chapter 17
  7. 2 Konings Chapter 24
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *