Jeremia Chapter 37

For English

Read Jeremia Chapter 37 Online

Read Jeremia Chapter 37 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 37

Hoofstuk 37

1. En Sedekía, die seun van Josía, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, koning gemaak het in die land Juda, het as koning geregeer in die plek van Gonja, die seun van Jójakim.

2. Maar hy het nie geluister, hy en sy dienaars en die volk van die land, na die woorde van die HERE wat Hy deur die diens van die profeet Jeremia gespreek het nie.

3. Nogtans het koning Sedekía met Jugal, die seun van Selémja, en Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, die profeet Jeremia laat weet: Bid tog tot die HERE onse God vir ons.

4. Toe het Jeremia nog in— en uitgegaan onder die volk, en hulle het hom nog nie in die gevangenis gesit nie.

5. Ook het die leër van Farao uit Egipte uitgetrek; en toe die Chaldeërs wat besig was om Jerusalem te beleër, die tyding aangaande hulle hoor, het hulle van Jerusalem af opgetrek.

6. Daarop kom die woord van die HERE tot die profeet Jeremia en sê:

7. So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;

8. en die Chaldeërs sal terugkom en teen hierdie stad oorlog voer en dit inneem en dit met vuur verbrand.

9. So spreek die HERE: Bedrieg julleself nie deur te sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af wegtrek—want hulle sal nie wegtrek nie.

10. Want al sou julle die hele leër van die Chaldeërs wat teen julle oorlog voer, verslaan, sodat daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, dan sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.

11. En toe die leër van die Chaldeërs van Jerusalem af opgetrek het vanweë die leër van Farao,

12. wou Jeremia Jerusalem verlaat om in die land Benjamin te gaan, om daar te midde van die volk ‘n erfdeel in ontvangs te neem.

13. Toe hy in die Benjaminspoort kom, was daar ‘n voorman van die wag met die naam Jiría, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde: Jy wil na die Chaldeërs oorloop!

14. Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en Jiría het Jeremia gevang en hom by die vorste gebring.

15. En die vorste het vir Jeremia baie kwaad geword en hom geslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van die skrywer Jónatan; want hulle het daar ‘n gevangenis van gemaak.

16. Toe Jeremia in die kerker en in die gewelwe kom en Jeremia daar baie dae gebly het,

17. het koning Sedekía gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huis in die geheim gevra en gesê: Is daar ‘n woord van die HERE? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word.

18. Verder het Jeremia aan die koning Sedekía gesê: Wat het ek teen u of teen u dienaars of teen hierdie volk gesondig, dat julle my in die gevangenis gesit het?

19. En waar is julle profete wat vir julle geprofeteer het met die woorde: Die koning van Babel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie?

20. Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom en laat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jónatan, dat ek daar nie sterwe nie.

21. Toe gee koning Sedekía bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet hou in die voorhof van bewaking en aan hom daagliks ‘n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee, totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.

About Jeremia Chapter 37

Read Jeremia Chapter 37 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 37
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 37 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 37?

Jeremia Chapter 37 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 37 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 13
  2. Jeremia Chapter 12
  3. Jeremia Chapter 5
  4. Jeremia Chapter 7
  5. Jeremia Chapter 9
  6. Jeremia Chapter 32
  7. Jeremia Chapter 29

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 134
  2. Spreuke Chapter 19
  3. Job Chapter 23
  4. Genesis Chapter 36
  5. Spreuke Chapter 30
  6. Ester Chapter 10
  7. Rigters Chapter 14

Related Chapters & Readings

  1. Filippense Chapter 1
  2. Psalms Chapter 40
  3. Nehemia Chapter 3
  4. Jeremia Chapter 41
  5. Deuteronomium Chapter 24
  6. Openbaring Chapter 11
  7. Matteus Chapter 26
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *