For English

Read Jona Chapter 1 Online

Read Jona Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jona in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jona and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jona 1

Hoofstuk 1

1. En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:

2. Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

3. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.

4. Maar die HERE het ‘n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ‘n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

5. Toe word die seeliede bang—hulle het elkeen tot sy god geroep en die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.

6. Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal dié God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.

7. Hulle sê toe vir mekaar: Kom en laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval.

8. En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?

9. En hy antwoord hulle: Ek is ‘n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.

10. Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.

11. Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? —want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.

12. En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.

13. Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.

14. Toe roep hulle tot die HERE en sê: Ag, HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae.

15. En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.

16. Toe het die manne die HERE gevrees met ‘n groot vrees en ‘n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen.

17. En die HERE het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.

About Jona Chapter 1

Read Jona Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jona in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jona
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jona. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jona Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jona Chapter 1?

Jona Chapter 1 is part of the Book of Jona in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jona Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jona

  1. Jona Chapter 4
  2. Jona Chapter 3
  3. Jona Chapter 2
  4. Jona Chapter 4
  5. Jona Chapter 4
  6. Jona Chapter 1
  7. Jona Chapter 1

Explore More from Ou Testament

  1. Numeri Chapter 36
  2. Psalms Chapter 133
  3. Ester Chapter 10
  4. Jesaja Chapter 52
  5. Josua Chapter 7
  6. Rigters Chapter 4
  7. Esra Chapter 1

Related Chapters & Readings

  1. 2 Kronieke Chapter 10
  2. Josua Chapter 18
  3. Handelinge Chapter 13
  4. Jeremia Chapter 51
  5. Klaagliedere Chapter 3
  6. Psalms Chapter 142
  7. 2 Samuel Chapter 20
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *