Read Psalms Chapter 35 Online
Read Psalms Chapter 35 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 35
Hoofstuk 35
1. ‘ HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
2. Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
3. En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
4. Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
5. Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
6. Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
7. Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
8. Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
9. Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
10. Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
11. Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
12. Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
13. En ek—toe hulle siek was, het ek ‘n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
14. Ek het rondgegaan asof dit ‘n vriend, asof dit ‘n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
15. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
16. Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
17. Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
18. Ek sal U loof in ‘n groot vergadering; onder ‘n groot skare sal ek U prys.
19. Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
20. Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
21. En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
22. HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
23. Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
24. Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
25. Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
26. Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
27. Laat húlle jubel en bly wees wat ‘n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ‘n welbehae het in die vrede van sy kneg!
28. En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.
About Psalms Chapter 35
Read Psalms Chapter 35 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 35
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 35 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 35?
Psalms Chapter 35 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 35 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 9
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 61
- Psalms Chapter 101
- Psalms Chapter 137
- Psalms Chapter 36
- Psalms Chapter 149
- Psalms Chapter 91
- Psalms Chapter 21