1 Kronieke Chapter 27

For English

Read 1 Kronieke Chapter 27 Online

Read 1 Kronieke Chapter 27 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Kronieke 27

Hoofstuk 27

1. En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:

2. oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier en twintig duisend.

3. Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.

4. En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

5. Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend.

6. Hierdie Benája was ‘n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.

7. Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

8. Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

9. Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

10. Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

11. Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

12. Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

13. Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

14. Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

15. Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

16. En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;

17. oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;

18. oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;

19. oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Asriël;

20. oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;

21. oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;

22. oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.

23. Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.

24. Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor ‘n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.

25. En oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.

26. En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.

27. En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.

28. En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.

29. En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.

30. En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.

31. En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.

32. En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was ‘n man van deursig en ‘n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.

33. En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.

34. En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.

About 1 Kronieke Chapter 27

Read 1 Kronieke Chapter 27 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Kronieke
Chapter: 27
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Kronieke Chapter 27 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Kronieke Chapter 27?

1 Kronieke Chapter 27 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 27 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Kronieke

  1. 1 Kronieke Chapter 5
  2. 1 Kronieke Chapter 26
  3. 1 Kronieke Chapter 25
  4. 1 Kronieke Chapter 23
  5. 1 Kronieke Chapter 20
  6. 1 Kronieke Chapter 10
  7. 1 Kronieke Chapter 8

Explore More from Ou Testament

  1. Rigters Chapter 16
  2. Eksodus Chapter 28
  3. Psalms Chapter 79
  4. Job Chapter 5
  5. Job Chapter 22
  6. Ester Chapter 10
  7. Esegiël Chapter 16

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 110
  2. 1 Samuel Chapter 14
  3. Openbaring Chapter 7
  4. 1 Samuel Chapter 9
  5. Esegiël Chapter 6
  6. Miga Chapter 2
  7. Job Chapter 37
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *