2 Korintiërs Chapter 3

For English

Read 2 Korintiërs Chapter 3 Online

Read 2 Korintiërs Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Korintiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Korintiërs 3

Hoofstuk 3

1. Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?

2. Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;

3. omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.

4. So ‘n vertroue het ons deur Christus by God.

5. Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,

6. wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

7. En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,

8. hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

9. Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.

10. Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.

11. Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.

12. Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;

13. nie soos Moses nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.

14. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

15. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;

16. maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

17. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

18. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

About 2 Korintiërs Chapter 3

Read 2 Korintiërs Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Korintiërs
Chapter: 3
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Korintiërs Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Korintiërs Chapter 3?

2 Korintiërs Chapter 3 is part of the Book of 2 Korintiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Korintiërs Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2-korintiers

  1. 2 Korintiërs Chapter 11
  2. 2 Korintiërs Chapter 2
  3. 2 Korintiërs Chapter 9
  4. 2 Korintiërs Chapter 7
  5. 2 Korintiërs Chapter 5
  6. 2 Korintiërs Chapter 1
  7. 2 Korintiërs Chapter 12

Explore More from Nuwe Testament

  1. Markus Chapter 15
  2. Openbaring Chapter 3
  3. 2 Tessalonisense Chapter 2
  4. Efesiërs Chapter 4
  5. Matteus Chapter 4
  6. Johannes Chapter 8
  7. Jakobus Chapter 1

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 25
  2. Jesaja Chapter 25
  3. Esegiël Chapter 3
  4. Jeremia Chapter 36
  5. 2 Kronieke Chapter 29
  6. Miga Chapter 5
  7. Markus Chapter 11
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *