Psalms Chapter 40

For English

Read Psalms Chapter 40 Online

Read Psalms Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 40

Hoofstuk 40

1. Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;

2. (40:3) en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.

3. (40:4) En Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.

4. (40:5) Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.

5. (40:6) Groot dinge het U gedoen, HERE my God—u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

6. (40:7) U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.

7. (40:8) Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.

8. (40:9) Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.

9. (40:10) Ek het ‘n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.

10. (40:11) U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.

11. (40:12) U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.

12. (40:13) Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.

13. (40:14) Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!

14. (40:15) Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.

15. (40:16) Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!

16. (40:17) Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!

17. (40:18) Al is ek ellendig en behoeftig—die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!

About Psalms Chapter 40

Read Psalms Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 40
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 40 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 40?

Psalms Chapter 40 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 40 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 121
  2. Psalms Chapter 32
  3. Psalms Chapter 128
  4. Psalms Chapter 149
  5. Psalms Chapter 66
  6. Psalms Chapter 136
  7. Psalms Chapter 101

Related Chapters & Readings

  1. Genesis Chapter 7
  2. Lukas Chapter 18
  3. Levitikus Chapter 21
  4. Josua Chapter 6
  5. 1 Samuel Chapter 6
  6. 2 Kronieke Chapter 15
  7. Daniël Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *