Read Psalms Chapter 94 Online
Read Psalms Chapter 94 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 94
Hoofstuk 94
1. God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
2. Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
3. Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
4. Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd—al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
5. o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
6. Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
7. en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
8. Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
9. Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
10. Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie—Hy wat die mens kennis leer?
11. Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is.
12. Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
13. om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
14. Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
15. want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
16. Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
17. As die HERE vir my nie ‘n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
18. As ek dink: My voet wankel—dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
19. As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
20. Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
21. Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
22. Maar die HERE is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
23. En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
About Psalms Chapter 94
Read Psalms Chapter 94 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 94
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 94 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 94?
Psalms Chapter 94 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 94 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 25
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 131
- Psalms Chapter 112
- Psalms Chapter 31
- Psalms Chapter 92
- Psalms Chapter 43
- Psalms Chapter 93
- Psalms Chapter 8