Jesaja Chapter 21

For English

Read Jesaja Chapter 21 Online

Read Jesaja Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jesaja 21

Hoofstuk 21

1. Godspraak oor die woestyn van die see. Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit ‘n vreeslike land!

2. ‘n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Médië! Aan alle gesug maak Ek ‘n einde.

3. Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.

4. My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot ‘n verskrikking.

5. Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink…. Staan op, o vorste, salf die skild!

6. Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit ‘n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

7. en sien hy ‘n stoet ruiters, twee aan twee, ‘n stoet esels, ‘n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

8. En hy het geroep soos ‘n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.

9. En kyk, daar kom ‘n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.

10. o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.

11. Godspraak oor Duma. Daar roep een my toe van Seïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?

12. Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

13. Godspraak teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!

14. Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

15. Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

16. Want so het die Here vir my gesê: Binne ‘n jaar—soos die jare van ‘n dagloner—sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.

17. En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.

About Jesaja Chapter 21

Read Jesaja Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jesaja
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jesaja Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jesaja Chapter 21?

Jesaja Chapter 21 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jesaja

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 2
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 25

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Samuel Chapter 24
  2. Amos Chapter 5
  3. Psalms Chapter 96
  4. Spreuke Chapter 1
  5. Psalms Chapter 68
  6. Spreuke Chapter 25
  7. 2 Konings Chapter 25

Related Chapters & Readings

  1. Genesis Chapter 1
  2. Numeri Chapter 13
  3. Psalms Chapter 34
  4. 1 Samuel Chapter 5
  5. Job Chapter 42
  6. Rigters Chapter 11
  7. Jesaja Chapter 25
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *