Read Psalms Chapter 49 Online
Read Psalms Chapter 49 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 49
Hoofstuk 49
1. Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
2. (49:3) geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
3. (49:4) My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
4. (49:5) Ek sal my oor neig tot ‘n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
5. (49:6) Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring—
6. (49:7) die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
7. (49:8) Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
8. (49:9) (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
9. (49:10) dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
10. (49:11) Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
11. (49:12) Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
12. (49:13) Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
13. (49:14) Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ‘n behae het. Sela.
14. (49:15) Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
15. (49:16) Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
16. (49:17) Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
17. (49:18) want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
18. (49:19) Al ag hy homself gelukkig in sy lewe—en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen—
19. (49:20) tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
20. (49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.
About Psalms Chapter 49
Read Psalms Chapter 49 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 49
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 49 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 49?
Psalms Chapter 49 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 49 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 44
- Psalms Chapter 46
- Psalms Chapter 20
- Psalms Chapter 12
- Psalms Chapter 63
- Psalms Chapter 87
- Psalms Chapter 100