Psalms Chapter 74

For English

Read Psalms Chapter 74 Online

Read Psalms Chapter 74 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 74

Hoofstuk 74

1. O God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?

2. Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

3. Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

4. U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.

5. Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in ‘n digte plek bome.

6. En nou—die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

7. Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

8. Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

9. Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

10. Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

11. Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!

12. Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

13. U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

14. U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ‘n volk—vir woestyndiere.

15. U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.

16. Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.

17. U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.

18. Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en ‘n dwase volk het u Naam verag.

19. Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

20. Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

21. Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

22. Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ‘n dwaas.

23. Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie—die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

About Psalms Chapter 74

Read Psalms Chapter 74 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 74
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 74 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 74?

Psalms Chapter 74 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 74 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 93
  2. Psalms Chapter 140
  3. Psalms Chapter 37
  4. Psalms Chapter 64
  5. Psalms Chapter 62
  6. Psalms Chapter 145
  7. Psalms Chapter 20

Related Chapters & Readings

  1. Esra Chapter 8
  2. Job Chapter 1
  3. Esegiël Chapter 9
  4. Esegiël Chapter 21
  5. Lukas Chapter 9
  6. Psalms Chapter 134
  7. Job Chapter 25
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *