Psalms Chapter 105

For English

Read Psalms Chapter 105 Online

Read Psalms Chapter 105 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 105

Hoofstuk 105

1. Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

2. Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

3. Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

4. Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

5. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,

6. o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!

7. Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.

8. Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte—

9. die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

10. wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond,

11. met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.

12. Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,

13. en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,

14. het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:

15. Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

16. En Hy het ‘n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.

17. Hy het ‘n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.

18. Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,

19. tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het.

20. Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.

21. Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;

22. om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.

23. Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.

24. En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders.

25. Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.

26. Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het.

27. Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.

28. Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie.

29. Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.

30. Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings.

31. Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied.

32. Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land.

33. En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.

34. Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal,

35. wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.

36. Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.

37. Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.

38. Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval.

39. Hy het ‘n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.

40. Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.

41. Hy het ‘n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke—’n rivier!

42. Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.

43. En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.

44. En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,

45. dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!

About Psalms Chapter 105

Read Psalms Chapter 105 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 105
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 105 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 105?

Psalms Chapter 105 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 105 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 132
  2. Psalms Chapter 60
  3. Psalms Chapter 64
  4. Psalms Chapter 77
  5. Psalms Chapter 35
  6. Psalms Chapter 3
  7. Psalms Chapter 9

Related Chapters & Readings

  1. Handelinge Chapter 25
  2. Genesis Chapter 35
  3. Handelinge Chapter 8
  4. Genesis Chapter 21
  5. Jeremia Chapter 27
  6. Psalms Chapter 136
  7. Genesis Chapter 25
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *