Read Psalms Chapter 55 Online
Read Psalms Chapter 55 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 55
Hoofstuk 55
1. O God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
2. (55:3) Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
3. (55:4) weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
4. (55:5) My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
5. (55:6) Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
6. (55:7) Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ‘n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
7. (55:8) Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
8. (55:9) Gou sou ek vir my ‘n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
9. (55:10) Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
10. (55:11) Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
11. (55:12) Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
12. (55:13) Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
13. (55:14) maar jy, ‘n man soos ek, my vriend en my vertroude!
14. (55:15) Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
15. (55:16) Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
16. (55:17) Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
17. (55:18) Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
18. (55:19) Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
19. (55:20) God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
20. (55:21) Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
21. (55:22) Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
22. (55:23) Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
23. (55:24) Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.
About Psalms Chapter 55
Read Psalms Chapter 55 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 55
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 55 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 55?
Psalms Chapter 55 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 55 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 5
- Psalms Chapter 138
- Psalms Chapter 147
- Psalms Chapter 125
- Psalms Chapter 87
- Psalms Chapter 143
- Psalms Chapter 53