Read Habakuk Chapter 3 Online
Read Habakuk Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Habakuk in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Habakuk and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Habakuk 3
Hoofstuk 3
1. ‘N Gebed van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonot.
2. HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
3. God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.
4. En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.
5. Voor Hom uit loop die pes, en ‘n koorsgloed trek uit agter Hom aan.
6. Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels—paaie van die ou tyd vir Hom.
7. Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe.
8. Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
9. Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.
10. Die berge sien U en bewe van angs, ‘n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.
11. Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.
12. In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
13. U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
14. U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.
15. U betree die see met u perde, ‘n hoop magtige waters.
16. Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.
17. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie—
18. nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
19. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
About Habakuk Chapter 3
Read Habakuk Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Habakuk in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Habakuk
Chapter: 3
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Habakuk. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Habakuk Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Habakuk Chapter 3?
Habakuk Chapter 3 is part of the Book of Habakuk in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Habakuk Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Habakuk
- Habakuk Chapter 1
- Habakuk Chapter 3
- Habakuk Chapter 2
- Habakuk Chapter 1
- Habakuk Chapter 3
- Habakuk Chapter 1
- Habakuk Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- Eksodus Chapter 36
- Deuteronomium Chapter 15
- Esegiël Chapter 27
- Jesaja Chapter 31
- Levitikus Chapter 25
- Jesaja Chapter 37
- Job Chapter 26