Jeremia Chapter 21

For English

Read Jeremia Chapter 21 Online

Read Jeremia Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jeremia 21

Hoofstuk 21

1. Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Sedekía, die koning, Pashur, die seun van Malkía, en Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:

2. Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.

3. Toe het Jeremia vir hulle gesê: So moet julle vir Sedekía sê:

4. So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.

5. En Ek self sal teen julle oorlog voer met ‘n uitgestrekte hand en ‘n sterke arm, ja, in toorn en in grimmigheid en in groot gramskap.

6. En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee—aan ‘n groot pes sal hulle sterwe.

7. En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedekía, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk—die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood—oorgee in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie.

8. En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood:

9. hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom ‘n buit wees.

10. Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.

11. En aan die huis van die koning van Juda moet jy sê: Hoor die woord van die HERE,

12. o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos ‘n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

13. Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?

14. En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal ‘n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.

About Jeremia Chapter 21

Read Jeremia Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jeremia
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jeremia Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jeremia Chapter 21?

Jeremia Chapter 21 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jeremia

  1. Jeremia Chapter 13
  2. Jeremia Chapter 12
  3. Jeremia Chapter 5
  4. Jeremia Chapter 7
  5. Jeremia Chapter 17
  6. Jeremia Chapter 9
  7. Jeremia Chapter 32

Explore More from Ou Testament

  1. Numeri Chapter 24
  2. Psalms Chapter 83
  3. Eksodus Chapter 22
  4. Esegiël Chapter 22
  5. Daniël Chapter 3
  6. Spreuke Chapter 11
  7. Spreuke Chapter 16

Related Chapters & Readings

  1. Genesis Chapter 1
  2. Hosea Chapter 13
  3. Jesaja Chapter 15
  4. Deuteronomium Chapter 14
  5. Jeremia Chapter 29
  6. 1 Korintiërs Chapter 11
  7. Miga Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *