Psalms Chapter 102

For English

Read Psalms Chapter 102 Online

Read Psalms Chapter 102 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 102

Hoofstuk 102

1. O HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

2. (102:3) Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

3. (102:4) Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd.

4. (102:5) Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.

5. (102:6) Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.

6. (102:7) Ek is soos ‘n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ‘n uil op die puinhope.

7. (102:8) Ek is slapeloos en het geword soos ‘n eensame voël op die dak.

8. (102:9) Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ‘n vloek.

9. (102:10) Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,

10. (102:11) vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

11. (102:12) My dae is soos ‘n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.

12. (102:13) Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.

13. (102:14) U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

14. (102:15) Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.

15. (102:16) Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

16. (102:17) omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,

17. (102:18) Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.

18. (102:19) Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;

19. (102:20) omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,

20. (102:21) om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;

21. (102:22) sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,

22. (102:23) as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.

23. (102:24) Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.

24. (102:25) My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie—u jare is van geslag tot geslag!

25. (102:26) In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

26. (102:27) Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos ‘n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ‘n kledingstuk, en hulle verdwyn.

27. (102:28) Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.

28. (102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

About Psalms Chapter 102

Read Psalms Chapter 102 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 102
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 102 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 102?

Psalms Chapter 102 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 102 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 6
  3. Jesaja Chapter 14
  4. Jesaja Chapter 4
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 7

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 60
  2. Psalms Chapter 75
  3. Psalms Chapter 48
  4. Psalms Chapter 128
  5. Psalms Chapter 70
  6. Psalms Chapter 43
  7. Psalms Chapter 34

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 132
  2. 2 Samuel Chapter 6
  3. Psalms Chapter 31
  4. Job Chapter 29
  5. Psalms Chapter 92
  6. Spreuke Chapter 19
  7. Numeri Chapter 5
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *