Read Psalms Chapter 147 Online
Read Psalms Chapter 147 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 147
Hoofstuk 147
1. Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas!
2. Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.
3. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
4. Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
5. Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
6. Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.
7. Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;
8. wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,
9. wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.
10. Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.
11. Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
12. o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!
13. Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
14. Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,
15. wat sy bevel na die aarde stuur—sy woord loop baie vinnig.
16. Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.
17. Hy werp sy ys heen soos stukke—wie kan bestaan voor sy koue?
18. Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai—die waters loop.
19. Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.
20. So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
About Psalms Chapter 147
Read Psalms Chapter 147 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 147
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 147 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 147?
Psalms Chapter 147 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 147 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 4
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 28
- Jesaja Chapter 25
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 78
- Psalms Chapter 69
- Psalms Chapter 45
- Psalms Chapter 123
- Psalms Chapter 44
- Psalms Chapter 115
- Psalms Chapter 73