Read Psalms Chapter 104 Online
Read Psalms Chapter 104 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 104
Hoofstuk 104
1. Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed—
2. wat Uself omhul met die lig soos met ‘n kleed, wat die hemel uitspan soos ‘n tentdoek;
3. wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
4. wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
5. Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
6. U het dit met die wêreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
7. Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik—
8. berge het opgerys, laagtes het weggesak—na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
9. ‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
10. Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
11. Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
12. By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
13. Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
14. Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
15. en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
16. Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
17. waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
18. Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is ‘n skuilplek vir die dasse.
19. Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
20. U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
21. Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
22. As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
23. Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
24. Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
25. Daar is die see, groot en alkante toe wyd—daar is ‘n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
26. Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
27. Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
28. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
29. U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
30. U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
31. Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
32. Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
33. Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
34. Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
35. Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
About Psalms Chapter 104
Read Psalms Chapter 104 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 104
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 104 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 104?
Psalms Chapter 104 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 104 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 4
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 7
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 39
- Psalms Chapter 126
- Psalms Chapter 136
- Psalms Chapter 139
- Psalms Chapter 85
- Psalms Chapter 29
- Psalms Chapter 147