Jesaja Chapter 61

For English

Read Jesaja Chapter 61 Online

Read Jesaja Chapter 61 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jesaja 61

Hoofstuk 61

1. Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

2. om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;

3. om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking.

4. En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.

5. Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.

6. Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.

7. In plaas van julle skande ontvang julle ‘n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ‘n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.

8. Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ‘n ewige verbond met hulle sluit.

9. En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle ‘n geslag is wat die HERE geseën het.

10. Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.

11. Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.

About Jesaja Chapter 61

Read Jesaja Chapter 61 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jesaja
Chapter: 61
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jesaja Chapter 61 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jesaja Chapter 61?

Jesaja Chapter 61 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 61 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jesaja

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 2
  5. Jesaja Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 20
  2. Genesis Chapter 16
  3. Eksodus Chapter 2
  4. 1 Samuel Chapter 4
  5. Psalms Chapter 135
  6. Job Chapter 14
  7. Psalms Chapter 19

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 39
  2. Esra Chapter 6
  3. Rigters Chapter 17
  4. Romeine Chapter 4
  5. 1 Korintiërs Chapter 16
  6. Lukas Chapter 5
  7. 1 Korintiërs Chapter 13
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *