2 Kronieke Chapter 12

For English

Read 2 Kronieke Chapter 12 Online

Read 2 Kronieke Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

A+ A A-

2 Kronieke 12

Hoofstuk 12

1. En toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.

2. Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek—omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het—

3. met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.

4. En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.

5. Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.

6. Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die HERE is regverdig.

7. En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.

8. Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!

9. En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.

10. Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11. So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

12. Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

13. En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

14. En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die HERE te soek nie.

15. En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.

16. En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

About 2 Kronieke Chapter 12

Read 2 Kronieke Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Kronieke
Chapter: 12
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Kronieke Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Kronieke Chapter 12?

2 Kronieke Chapter 12 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Kronieke

  1. 2 Kronieke Chapter 33
  2. 2 Kronieke Chapter 32
  3. 2 Kronieke Chapter 23
  4. 2 Kronieke Chapter 1
  5. 2 Kronieke Chapter 36
  6. 2 Kronieke Chapter 19
  7. 2 Kronieke Chapter 7

Explore More from Ou Testament

  1. Eksodus Chapter 5
  2. Prediker Chapter 4
  3. Psalms Chapter 64
  4. Spreuke Chapter 6
  5. Josua Chapter 24
  6. 1 Samuel Chapter 20
  7. Psalms Chapter 95

Related Chapters & Readings

  1. Handelinge Chapter 25
  2. Jakobus Chapter 2
  3. Eksodus Chapter 37
  4. Esegiël Chapter 14
  5. Matteus Chapter 24
  6. 2 Konings Chapter 12
  7. Genesis Chapter 3
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *