Read 1 Korintiërs Chapter 4 Online
Read 1 Korintiërs Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Korintiërs 4
Hoofstuk 4
1. So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.
2. En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.
3. Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ‘n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,
4. want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.
5. Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
6. Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
7. Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?
8. Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!
9. Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.
10. Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.
11. Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,
12. en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit;
13. word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.
14. Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders.
15. Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.
16. Ek vermaan julle dan, word my navolgers.
17. Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.
18. Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie;
19. tog sal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag;
20. want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.
21. Wat wil julle hê? Moet ek met die roede na julle kom of met liefde en in die gees van sagmoedigheid?
About 1 Korintiërs Chapter 4
Read 1 Korintiërs Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Korintiërs
Chapter: 4
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Korintiërs Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Korintiërs Chapter 4?
1 Korintiërs Chapter 4 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Korintiers
- 1 Korintiërs Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 14
- 1 Korintiërs Chapter 12
- 1 Korintiërs Chapter 10
- 1 Korintiërs Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 8
- 1 Korintiërs Chapter 2
Explore More from Nuwe Testament
- Handelinge Chapter 3
- 1 Timoteus Chapter 4
- Johannes Chapter 15
- Markus Chapter 10
- Efesiërs Chapter 5
- Matteus Chapter 21
- Johannes Chapter 5