Read 1 Kronieke Chapter 25 Online
Read 1 Kronieke Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Kronieke 25
Hoofstuk 25
1. En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was—
2. van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.
3. Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;
4. van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ussiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.
5. Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6. Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
7. En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die HERE, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig.
8. En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
9. En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;
10. die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;
11. die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;
12. die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
13. die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;
14. die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;
15. die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;
16. die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
17. die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;
18. die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;
19. die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;
20. die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;
21. die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;
22. die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;
23. die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
24. die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;
25. die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;
26. die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;
27. die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;
28. die een en twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;
29. die twee en twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;
30. die drie en twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;
31. die vier en twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.
About 1 Kronieke Chapter 25
Read 1 Kronieke Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Kronieke
Chapter: 25
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Kronieke Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Kronieke Chapter 25?
1 Kronieke Chapter 25 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Kronieke
- 1 Kronieke Chapter 5
- 1 Kronieke Chapter 26
- 1 Kronieke Chapter 23
- 1 Kronieke Chapter 20
- 1 Kronieke Chapter 10
- 1 Kronieke Chapter 8
- 1 Kronieke Chapter 6
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 16
- Esegiël Chapter 3
- Numeri Chapter 11
- Psalms Chapter 112
- 2 Kronieke Chapter 4
- Psalms Chapter 115
- Esegiël Chapter 20