Nehemia Chapter 5

For English

Read Nehemia Chapter 5 Online

Read Nehemia Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Nehemia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Nehemia 5

Hoofstuk 5

1. En daar het ‘n groot geroep van die volk en van hulle vroue ontstaan teen hulle broers, die Jode;

2. en sommige het gesê: Ons seuns en ons dogters, ons is baie; ons wil koring hê, dat ons kan eet en lewe!

3. En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood!

4. En ander weer het gesê: Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen vir die belasting aan die koning.

5. En nou, ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons seuns en ons dogters tot slawe verneder, en van ons dogters is al verneder sonder dat ons daar iets aan kan doen, en ons lande en ons wingerde behoort aan ander.

6. En ek was baie verontwaardig toe ek hulle geroep en hierdie woorde hoor.

7. En ek het by myself beraadslaag en met die edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê: Julle leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het ‘n groot vergadering teen hulle belê

8. en aan hulle gesê: Ons het ons Joodse broers wat aan die heidene verkoop was, na ons vermoë losgekoop; en tog verkoop júlle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie.

9. Verder het ek gesê: Dit is nie goed wat julle doen nie. Moet julle nie in die vrees van onse God wandel ter wille van die smaad van die heidene, ons vyande, nie?

10. Ek self, my broers en my mense het ook aan hulle geld en koring geleen; laat ons tog hierdie lening kwytskeld.

11. Gee dan vandag nog hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfbome en hulle huise aan hulle terug, en die honderdste deel van die geld en die koring, die mos en die olie wat julle aan hulle geleen het.

12. Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.

13. Ook het ek my boesem uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering: Amen! en hulle het die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.

14. Ook van die dag af dat ek aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artasásta, twaalf jaar lank, het ek en my broers die brood van goewerneurs nie geëet nie;

15. terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.

16. En ook by die werk aan hierdie muur het ek volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk versamel was.

17. En die Jode, die leiers, honderd en vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel.

18. En wat vir elke dag berei is—een bees, ses uitgesoekte stuks kleinvee en voëls—is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte wyn in oorvloed; en daarby het ek tog die brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.

19. Dink, my God, my ten goede, aan alles wat ek aan hierdie volk gedoen het!

About Nehemia Chapter 5

Read Nehemia Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Nehemia
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Nehemia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Nehemia Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Nehemia Chapter 5?

Nehemia Chapter 5 is part of the Book of Nehemia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Nehemia Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from nehemia

  1. Nehemia Chapter 2
  2. Nehemia Chapter 3
  3. Nehemia Chapter 10
  4. Nehemia Chapter 11
  5. Nehemia Chapter 8
  6. Nehemia Chapter 9
  7. Nehemia Chapter 6

Explore More from Ou Testament

  1. Josua Chapter 4
  2. Spreuke Chapter 18
  3. 1 Samuel Chapter 28
  4. Josua Chapter 11
  5. Psalms Chapter 12
  6. Rigters Chapter 10
  7. 2 Kronieke Chapter 36

Related Chapters & Readings

  1. 2 Samuel Chapter 21
  2. 2 Samuel Chapter 14
  3. Romeine Chapter 14
  4. Openbaring Chapter 2
  5. Psalms Chapter 52
  6. Numeri Chapter 27
  7. 1 Konings Chapter 22
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *