Handelinge Chapter 26

For English

Read Handelinge Chapter 26 Online

Read Handelinge Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Handelinge and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Handelinge 26

Hoofstuk 26

1. En Agríppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus sy hand uit en verdedig homself:

2. Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,

3. veral omdat u bekend is met al die sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.

4. My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring is onder my nasie in Jerusalem, ken al die Jode,

5. omdat hulle my van dié tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens die strengste party van ons godsdiens as Fariseër geleef het.

6. En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,

7. waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

8. Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?

9. Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.

10. Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.

11. En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12. Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,

13. het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad ‘n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.

14. En toe ons almal op die grond val, hoor ek ‘n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

15. Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.

16. Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ‘n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,

17. terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur,

18. om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.

19. Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,

20. maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.

21. Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.

22. Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:

23. dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en ‘n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.

24. Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ‘n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.

25. Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

26. Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in ‘n hoek gebeur nie.

27. Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.

28. En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word.

29. En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.

30. En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur en Berníce en die wat saam met hulle gesit het.

31. En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê: Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.

32. En Agríppa sê vir Festus: Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.

About Handelinge Chapter 26

Read Handelinge Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Handelinge
Chapter: 26
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Handelinge. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Handelinge Chapter 26 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Handelinge Chapter 26?

Handelinge Chapter 26 is part of the Book of Handelinge in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Handelinge Chapter 26 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from handelinge

  1. Handelinge Chapter 17
  2. Handelinge Chapter 16
  3. Handelinge Chapter 8
  4. Handelinge Chapter 25
  5. Handelinge Chapter 1
  6. Handelinge Chapter 14
  7. Handelinge Chapter 13

Explore More from Nuwe Testament

  1. Handelinge Chapter 28
  2. 1 Korintiërs Chapter 13
  3. Lukas Chapter 6
  4. 1 Tessalonisense Chapter 1
  5. Handelinge Chapter 14
  6. 1 Timoteus Chapter 4
  7. Filippense Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 36
  2. Psalms Chapter 130
  3. Deuteronomium Chapter 16
  4. 1 Kronieke Chapter 15
  5. Ester Chapter 1
  6. Esra Chapter 7
  7. Jesaja Chapter 42
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *