Romeine Chapter 2

For English

Read Romeine Chapter 2 Online

Read Romeine Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Romeine and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Romeine 2

Hoofstuk 2

1. Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

2. En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4. Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5. Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6. wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7. aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;

8. maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;

9. verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10. maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11. Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

12. Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;

13. omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.

14. Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;

15. omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,

16. in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

17. Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,

18. en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,

19. en jy is oortuig dat jy ‘n leidsman is van blindes, ‘n lig vir die wat in duisternis is,

20. ‘n opvoeder van onverstandiges, ‘n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het

21. jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy?

22. Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

23. Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

24. Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

25. Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.

26. As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?

27. En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie?

28. Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;

29. maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

About Romeine Chapter 2

Read Romeine Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Romeine
Chapter: 2
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Romeine. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Romeine Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Romeine Chapter 2?

Romeine Chapter 2 is part of the Book of Romeine in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Romeine Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 13
  3. Johannes Chapter 15
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 7
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from romeine

  1. Romeine Chapter 7
  2. Romeine Chapter 5
  3. Romeine Chapter 16
  4. Romeine Chapter 13
  5. Romeine Chapter 14
  6. Romeine Chapter 9
  7. Romeine Chapter 10

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 9
  2. Deuteronomium Chapter 2
  3. Deuteronomium Chapter 26
  4. Psalms Chapter 126
  5. Miga Chapter 1
  6. Jesaja Chapter 48
  7. Lukas Chapter 11
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *