Jesaja Chapter 2

For English

Read Jesaja Chapter 2 Online

Read Jesaja Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jesaja 2

Hoofstuk 2

1. Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.

2. En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.

3. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.

4. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.

5. Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die HERE!

6. Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.

7. En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.

8. Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.

9. So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.

10. Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.

11. Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.

12. Want ‘n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;

13. en oor al die hoë en verhewe seders van die Líbanon en oor al die eikebome van Basan;

14. en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;

15. en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;

16. en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.

17. Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.

18. En die afgode sal geheel en al verdwyn.

19. En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

20. In dié dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise;

21. om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

22. Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!

About Jesaja Chapter 2

Read Jesaja Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jesaja
Chapter: 2
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jesaja Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jesaja Chapter 2?

Jesaja Chapter 2 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Jesaja

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 1
  4. Jesaja Chapter 14
  5. Jesaja Chapter 6
  6. Jesaja Chapter 3
  7. Jesaja Chapter 16

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 21
  2. Eksodus Chapter 4
  3. Jona Chapter 3
  4. 1 Kronieke Chapter 20
  5. Jesaja Chapter 58
  6. Josua Chapter 2
  7. Psalms Chapter 81

Related Chapters & Readings

  1. Efesiërs Chapter 2
  2. Deuteronomium Chapter 30
  3. Spreuke Chapter 15
  4. Esegiël Chapter 19
  5. 2 Korintiërs Chapter 10
  6. Job Chapter 9
  7. Markus Chapter 12
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *