2 Korintiërs Chapter 4

For English

Read 2 Korintiërs Chapter 4 Online

Read 2 Korintiërs Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Korintiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

A+ A A-

2 Korintiërs 4

Hoofstuk 4

1. Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.

2. Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.

3. Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,

4. naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

5. Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.

6. Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

7. Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

8. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;

9. vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.

10. Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

11. Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

12. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.

13. En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het—soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek—glo ons ook, daarom spreek ons ook.

14. Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.

15. Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.

16. Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.

17. Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;

18. omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

About 2 Korintiërs Chapter 4

Read 2 Korintiërs Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Korintiërs
Chapter: 4
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Korintiërs Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Korintiërs Chapter 4?

2 Korintiërs Chapter 4 is part of the Book of 2 Korintiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Korintiërs Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2-korintiers

  1. 2 Korintiërs Chapter 11
  2. 2 Korintiërs Chapter 2
  3. 2 Korintiërs Chapter 5
  4. 2 Korintiërs Chapter 9
  5. 2 Korintiërs Chapter 7
  6. 2 Korintiërs Chapter 1
  7. 2 Korintiërs Chapter 12

Explore More from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 9
  2. Efesiërs Chapter 6
  3. Jakobus Chapter 3
  4. 2 Tessalonisense Chapter 3
  5. Matteus Chapter 11
  6. Openbaring Chapter 9
  7. Matteus Chapter 20

Related Chapters & Readings

  1. 2 Kronieke Chapter 34
  2. Numeri Chapter 20
  3. Esegiël Chapter 14
  4. Sagaria Chapter 5
  5. Josua Chapter 19
  6. Haggai Chapter 2
  7. Psalms Chapter 70
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *