Josua Chapter 17

For English

Read Josua Chapter 17 Online

Read Josua Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Josua and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Josua 17

Hoofstuk 17

1. Verder was dít die lot vir die stam van Manasse, omdat hy die eersgeborene van Josef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van Gílead, het, omdat hy ‘n krygsman was, Gílead en Basan ontvang;

2. ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het ‘n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Asriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Semída; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, volgens hulle geslagte.

3. Maar Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa;

4. en hulle het nader gekom voor Eleásar, die priester, en voor Josua, die seun van Nun, en voor die owerstes, en gesê: Die HERE het Moses beveel om ons ‘n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle ‘n erfdeel gegee, volgens die bevel van die HERE, onder die broers van hulle vader.

5. So het dan aan Manasse tien aandele geval, behalwe die land Gílead en Basan wat oorkant die Jordaan lê.

6. Want die dogters van Manasse het ‘n erfdeel ontvang onder sy seuns, terwyl die land Gílead aan die ander kinders van Manasse behoort het.

7. En die lyn van Manasse was: van Aser af na Mígmetat, teenoor Sigem; dan loop die lyn regs na die inwoners van En-Tappúag—

8. die landstreek van Tappúag het behoort aan Manasse, maar Tappúag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim—;

9. verder loop die lyn af na die spruit Kana, suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.

10. Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar.

11. En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.

12. Maar die kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié land te bly woon.

13. En toe die kinders van Israel sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al verdrywe nie.

14. Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog ‘n groot volk is, omdat die HERE my tot hiertoe geseën het?

15. En Josua het vir hulle gesê: As jy ‘n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar ‘n plek skoon in die land van die Feresiete en Refaïete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is.

16. Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae streke woon, het ysterwaens, dié van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as dié van die laagte van Jísreël.

17. Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is ‘n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie;

18. want die gebergte sal joue wees—’n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.

About Josua Chapter 17

Read Josua Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Josua
Chapter: 17
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Josua. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Josua Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Josua Chapter 17?

Josua Chapter 17 is part of the Book of Josua in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Josua Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Josua

  1. Josua Chapter 10
  2. Josua Chapter 5
  3. Josua Chapter 12
  4. Josua Chapter 14
  5. Josua Chapter 4
  6. Josua Chapter 6
  7. Josua Chapter 21

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 11
  2. Psalms Chapter 63
  3. 1 Kronieke Chapter 29
  4. Eksodus Chapter 10
  5. 2 Samuel Chapter 4
  6. Habakuk Chapter 3
  7. Job Chapter 8

Related Chapters & Readings

  1. Spreuke Chapter 28
  2. Psalms Chapter 107
  3. Galasiërs Chapter 6
  4. Daniël Chapter 4
  5. Psalms Chapter 87
  6. Jona Chapter 1
  7. Jeremia Chapter 18
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *