1 Samuel Chapter 10

For English

Read 1 Samuel Chapter 10 Online

Read 1 Samuel Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Samuel 10

Hoofstuk 10

1. En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die HERE jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?

2. As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen?

3. Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra ‘n sak wyn.

4. En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem.

5. Daarna sal jy kom by Gíbea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy ‘n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer.

6. En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word.

7. En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.

8. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen.

9. En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.

10. Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ‘n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.

11. En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?

12. En ‘n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit ‘n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?

13. Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom.

14. En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na Samuel gegaan.

15. En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat Samuel julle meegedeel het.

16. Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.

17. En Samuel het die volk na die HERE in Mispa byeengeroep

18. en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.

19. Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet ‘n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die HERE volgens julle stamme en volgens julle geslagte.

20. Toe Samuel dan al die stamme van Israel laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;

21. en toe hy die stam van Benjamin volgens sy geslagte laat nader kom het, is die geslag van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

22. En hulle het die HERE verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En die HERE sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.

23. Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring; en toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk.

24. En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!

25. Daarna het Samuel die reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in ‘n boek geskrywe en voor die aangesig van die HERE neergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan.

26. En Saul het ook na sy huis gegaan in Gíbea; en die helde wie se hart God geroer het, het met hom saamgegaan.

27. Maar die deugniete het gesê: Hoe kan hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en hom geen geskenk gebring nie; maar hy het hom doof gehou.

About 1 Samuel Chapter 10

Read 1 Samuel Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Samuel
Chapter: 10
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Samuel Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Samuel Chapter 10?

1 Samuel Chapter 10 is part of the Book of 1 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Samuel Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Samuel

  1. 1 Samuel Chapter 5
  2. 1 Samuel Chapter 7
  3. 1 Samuel Chapter 3
  4. 1 Samuel Chapter 8
  5. 1 Samuel Chapter 26
  6. 1 Samuel Chapter 20
  7. 1 Samuel Chapter 19

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 39
  2. Rut Chapter 1
  3. Psalms Chapter 111
  4. Jesaja Chapter 38
  5. Jesaja Chapter 45
  6. Genesis Chapter 22
  7. Psalms Chapter 51

Related Chapters & Readings

  1. 2 Korintiërs Chapter 2
  2. 2 Petrus Chapter 3
  3. 1 Kronieke Chapter 20
  4. Psalms Chapter 126
  5. 2 Konings Chapter 6
  6. Sagaria Chapter 1
  7. 1 Korintiërs Chapter 7
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *