Read Habakuk Chapter 1 Online
Read Habakuk Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Habakuk in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Habakuk and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Habakuk 1
Hoofstuk 1
1. Die Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het.
2. Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! —maar U help nie?
3. Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
4. Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
5. Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
6. Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
7. Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
8. En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op ‘n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos ‘n arend wat op sy prooi neerskiet!
9. Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
10. Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom ‘n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
11. Dan gly hy verby, ‘n wind, en trek verder—maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
12. Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot ‘n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot ‘n tugroede het U hom bestem!
13. U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie—waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?
14. So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
15. Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.
16. Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.
17. Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?
About Habakuk Chapter 1
Read Habakuk Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Habakuk in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Habakuk
Chapter: 1
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Habakuk. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Habakuk Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Habakuk Chapter 1?
Habakuk Chapter 1 is part of the Book of Habakuk in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Habakuk Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Habakuk
- Habakuk Chapter 1
- Habakuk Chapter 3
- Habakuk Chapter 2
- Habakuk Chapter 1
- Habakuk Chapter 3
- Habakuk Chapter 1
- Habakuk Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- 1 Kronieke Chapter 5
- Habakuk Chapter 3
- Jesaja Chapter 38
- Prediker Chapter 6
- Ester Chapter 5
- Jesaja Chapter 22
- Deuteronomium Chapter 5