Galasiërs Chapter 4

For English

Read Galasiërs Chapter 4 Online

Read Galasiërs Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Galasiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Galasiërs and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Galasiërs 4

Hoofstuk 4

1. Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles;

2. maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.

3. So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.

4. Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,

5. om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

6. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

7. Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

8. Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;

9. maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?

10. Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.

11. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

12. Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;

13. maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;

14. en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ‘n engel van God, ja, as Christus Jesus.

15. Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.

16. Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

17. Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.

18. Dit is goed as daar altyd geywer word in ‘n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,

19. my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry.

20. En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.

21. Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?

22. Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.

23. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.

24. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;

25. want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.

26. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

27. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het.

28. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;

29. maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.

30. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.

31. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.

About Galasiërs Chapter 4

Read Galasiërs Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Galasiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Galasiërs
Chapter: 4
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Galasiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Galasiërs Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Galasiërs Chapter 4?

Galasiërs Chapter 4 is part of the Book of Galasiërs in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Galasiërs Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from galasiers

  1. Galasiërs Chapter 2
  2. Galasiërs Chapter 6
  3. Galasiërs Chapter 1
  4. Galasiërs Chapter 3
  5. Galasiërs Chapter 5

Explore More from Nuwe Testament

  1. Lukas Chapter 15
  2. Galasiërs Chapter 6
  3. 1 Petrus Chapter 4
  4. Hebreërs Chapter 8
  5. 2 Johannes Chapter 1
  6. Matteus Chapter 18
  7. Romeine Chapter 16

Related Chapters & Readings

  1. 2 Konings Chapter 21
  2. 2 Petrus Chapter 3
  3. Jesaja Chapter 25
  4. 1 Samuel Chapter 4
  5. Job Chapter 18
  6. Handelinge Chapter 4
  7. 1 Korintiërs Chapter 13
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *