Read Jeremia Chapter 28 Online
Read Jeremia Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jeremia and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jeremia 28
Hoofstuk 28
1. En in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van die HERE in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:
2. So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Ek het die juk van die koning van Babel verbreek.
3. In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van die HERE wat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.
4. Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek die HERE; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.
5. Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van die HERE gestaan het,
6. en die profeet Jeremia het gesê: Amen, laat die HERE so doen! Laat die HERE vervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van die HERE en al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!
7. Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:
8. Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.
9. Die profeet wat profeteer van vrede—as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die HERE waarlik gestuur het.
10. Daarop het die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.
11. En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek die HERE: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar, van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.
12. Maar die woord van die HERE het tot Jeremia gekom, nadat die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en verbreek het, en gesê:
13. Gaan spreek met Hanánja en sê: So spreek die HERE: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.
14. Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Ek het ‘n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasies om Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.
15. En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die HERE het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op leuens laat vertrou.
16. Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die HERE verkondig het.
17. En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.
About Jeremia Chapter 28
Read Jeremia Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jeremia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jeremia
Chapter: 28
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jeremia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jeremia Chapter 28 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jeremia Chapter 28?
Jeremia Chapter 28 is part of the Book of Jeremia in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jeremia Chapter 28 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jeremia
- Jeremia Chapter 13
- Jeremia Chapter 12
- Jeremia Chapter 5
- Jeremia Chapter 7
- Jeremia Chapter 17
- Jeremia Chapter 9
- Jeremia Chapter 32
Explore More from Ou Testament
- Josua Chapter 13
- Psalms Chapter 125
- Psalms Chapter 40
- Spreuke Chapter 19
- 2 Kronieke Chapter 12
- Jesaja Chapter 43
- Jeremia Chapter 24