Handelinge Chapter 1

For English

Read Handelinge Chapter 1 Online

Read Handelinge Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Handelinge and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Handelinge 1

Hoofstuk 1

1. Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het

2. tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

3. aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.

4. En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

5. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

6. Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?

7. En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

8. maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

9. En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

10. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,

11. wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

12. Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver.

13. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.

14. Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

15. En in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan—die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd en twintig—en gesê:

16. Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

17. want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.

18. Hy het dan ‘n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;

19. en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond.

20. Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat ‘n ander een sy opsienersamp neem.

21. Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in— en uitgegaan het,

22. van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is—van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.

23. En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.

24. En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het

25. om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.

26. Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

About Handelinge Chapter 1

Read Handelinge Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Handelinge
Chapter: 1
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Handelinge. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Handelinge Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Handelinge Chapter 1?

Handelinge Chapter 1 is part of the Book of Handelinge in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Handelinge Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from handelinge

  1. Handelinge Chapter 21
  2. Handelinge Chapter 8
  3. Handelinge Chapter 16
  4. Handelinge Chapter 14
  5. Handelinge Chapter 2
  6. Handelinge Chapter 3
  7. Handelinge Chapter 28

Explore More from Nuwe Testament

  1. Galasiërs Chapter 5
  2. Hebreërs Chapter 6
  3. Openbaring Chapter 5
  4. Hebreërs Chapter 1
  5. 1 Korintiërs Chapter 11
  6. 1 Petrus Chapter 3
  7. Handelinge Chapter 20

Related Chapters & Readings

  1. Openbaring Chapter 20
  2. Prediker Chapter 7
  3. Johannes Chapter 7
  4. Josua Chapter 9
  5. Genesis Chapter 46
  6. Esegiël Chapter 12
  7. Eksodus Chapter 33
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *