Deuteronomium Chapter 34

For English

Read Deuteronomium Chapter 34 Online

Read Deuteronomium Chapter 34 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Deuteronomium and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Deuteronomium 34

Hoofstuk 34

1. Toe het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en die HERE het hom die hele land, Gílead tot Dan toe, laat sien;

2. en die hele Náftali en die land Efraim en Manasse en die hele land Juda tot by die Westelike See;

3. en die Suidland en die Jordaanstreek, die laagte van Jérigo, die palmstad, tot by Soar.

4. En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie.

5. Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE.

6. En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie.

7. En Moses was honderd en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.

8. Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab, dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom.

9. En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.

10. En soos Moses, vir wie die HERE van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie—

11. wat betref al die tekens en die wonders wat die HERE hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,

12. en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.

About Deuteronomium Chapter 34

Read Deuteronomium Chapter 34 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Deuteronomium in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Deuteronomium
Chapter: 34
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Deuteronomium. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Deuteronomium Chapter 34 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Deuteronomium Chapter 34?

Deuteronomium Chapter 34 is part of the Book of Deuteronomium in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Deuteronomium Chapter 34 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Deuteronomium

  1. Deuteronomium Chapter 1
  2. Deuteronomium Chapter 13
  3. Deuteronomium Chapter 2
  4. Deuteronomium Chapter 27
  5. Deuteronomium Chapter 23
  6. Deuteronomium Chapter 4
  7. Deuteronomium Chapter 18

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 84
  2. 2 Kronieke Chapter 6
  3. Deuteronomium Chapter 19
  4. 1 Kronieke Chapter 22
  5. Jeremia Chapter 27
  6. Eksodus Chapter 15
  7. 2 Konings Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Joël Chapter 2
  2. Matteus Chapter 25
  3. Josua Chapter 21
  4. Rigters Chapter 9
  5. Psalms Chapter 113
  6. Job Chapter 38
  7. Johannes Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *