Read Hosea Chapter 7 Online
Read Hosea Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hosea and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hosea 7
Hoofstuk 7
1. Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en ‘n rowerbende plunder op die straat.
2. En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.
3. Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.
4. Hulle is almal owerspelers; hulle is soos ‘n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.
5. Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.
6. Ja, hulle het hul hart gemaak soos ‘n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos ‘n vuurvlam.
7. Hulle almal gloei soos ‘n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.
8. Efraim—hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.
9. Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.
10. Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
11. So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.
12. Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.
13. Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.
14. Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.
15. Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam.
16. Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos ‘n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.
About Hosea Chapter 7
Read Hosea Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hosea
Chapter: 7
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hosea. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hosea Chapter 7 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hosea Chapter 7?
Hosea Chapter 7 is part of the Book of Hosea in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hosea Chapter 7 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Hosea
- Hosea Chapter 6
- Hosea Chapter 11
- Hosea Chapter 2
- Hosea Chapter 12
- Hosea Chapter 12
- Hosea Chapter 7
- Hosea Chapter 6
Explore More from Ou Testament
- Rigters Chapter 6
- Jeremia Chapter 40
- Genesis Chapter 18
- Esegiël Chapter 8
- Spreuke Chapter 26
- 1 Kronieke Chapter 6
- Eksodus Chapter 20