Eksodus Chapter 24

For English

Read Eksodus Chapter 24 Online

Read Eksodus Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Eksodus 24

Hoofstuk 24

1. Daarna het Hy vir Moses gesê: Klim na die HERE toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.

2. En laat Moses alleen nader kom na die HERE toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.

3. Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.

4. En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ‘n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

5. En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag.

6. En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.

7. En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

8. Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.

9. Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.

10. En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self.

11. Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.

12. Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.

13. Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim

14. en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.

15. Toe Moses die berg opklim, het ‘n wolk die berg oordek.

16. En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.

17. En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg.

18. En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.

About Eksodus Chapter 24

Read Eksodus Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Eksodus
Chapter: 24
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Eksodus Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Eksodus Chapter 24?

Eksodus Chapter 24 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Eksodus

  1. Eksodus Chapter 4
  2. Eksodus Chapter 13
  3. Eksodus Chapter 10
  4. Eksodus Chapter 1
  5. Eksodus Chapter 27
  6. Eksodus Chapter 14
  7. Eksodus Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Hooglied Chapter 7
  2. Spreuke Chapter 17
  3. Genesis Chapter 17
  4. Esegiël Chapter 32
  5. 2 Konings Chapter 12
  6. Spreuke Chapter 27
  7. 2 Kronieke Chapter 35

Related Chapters & Readings

  1. Josua Chapter 13
  2. Spreuke Chapter 31
  3. Esegiël Chapter 10
  4. Handelinge Chapter 8
  5. Jesaja Chapter 43
  6. Josua Chapter 23
  7. Job Chapter 7
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *