Read 1 Kronieke Chapter 18 Online
Read 1 Kronieke Chapter 18 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Kronieke 18
Hoofstuk 18
1. En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.
2. Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se belastingpligtige knegte geword het.
3. Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.
4. En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
5. En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.
6. En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
7. En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
8. En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak.
9. Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het,
10. stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was ‘n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer— en kopervoorwerpe het hy saamgebring.
11. Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
12. Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttien duisend.
13. En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
14. En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.
15. En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
16. En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.
17. En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning.
About 1 Kronieke Chapter 18
Read 1 Kronieke Chapter 18 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Kronieke
Chapter: 18
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Kronieke Chapter 18 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Kronieke Chapter 18?
1 Kronieke Chapter 18 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 18 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Kronieke
- 1 Kronieke Chapter 25
- 1 Kronieke Chapter 5
- 1 Kronieke Chapter 29
- 1 Kronieke Chapter 20
- 1 Kronieke Chapter 10
- 1 Kronieke Chapter 23
- 1 Kronieke Chapter 8
Explore More from Ou Testament
- Prediker Chapter 8
- Job Chapter 41
- Psalms Chapter 120
- Numeri Chapter 11
- 1 Samuel Chapter 12
- 1 Kronieke Chapter 15
- 1 Konings Chapter 12