1 Kronieke Chapter 21

For English

Read 1 Kronieke Chapter 21 Online

Read 1 Kronieke Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Kronieke 21

Hoofstuk 21

1. Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.

2. En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.

3. En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?

4. Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.

5. En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elf honderd duisend man wat die swaard uittrek, en Juda vier honderd en sewentig duisend man wat die swaard uittrek.

6. Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab ‘n gruwel.

7. En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.

8. Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.

9. En die HERE het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:

10. Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.

11. Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek die HERE: Kies vir jou

12. óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die HERE, naamlik pes in die land deurdat die engel van die HERE verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.

13. Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

14. En die HERE het ‘n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentig duisend man geval.

15. En God het ‘n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die HERE dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.

16. Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die HERE staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.

17. En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as ‘n plaag teen u volk nie.

18. Daarop gee die engel van die HERE bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die HERE ‘n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.

19. En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad wat hy in die Naam van die HERE gespreek het.

20. Toe Ornan hom omdraai, sien hy die engel; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek; Ornan het naamlik koring gedors.

21. Toe Dawid by Ornan kom, het Ornan opgekyk en Dawid gesien, en hy het van die dorsvloer uitgegaan en hom voor Dawid met sy aangesig na die aarde gebuig.

22. Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE ‘n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.

23. Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en die koring as ‘n spysoffer; ek gee dit alles.

24. Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die HERE neem, dat ek verniet ‘n brandoffer sou bring nie.

25. En Dawid het vir die plek ses honderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee.

26. En Dawid het daar vir die HERE ‘n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die HERE aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.

27. En die HERE het die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.

28. In dié tyd, toe Dawid sien dat die HERE hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;

29. want die tabernakel van die HERE wat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.

30. En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die HERE.

About 1 Kronieke Chapter 21

Read 1 Kronieke Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Kronieke
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Kronieke Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Kronieke Chapter 21?

1 Kronieke Chapter 21 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Kronieke

  1. 1 Kronieke Chapter 5
  2. 1 Kronieke Chapter 25
  3. 1 Kronieke Chapter 29
  4. 1 Kronieke Chapter 23
  5. 1 Kronieke Chapter 20
  6. 1 Kronieke Chapter 10
  7. 1 Kronieke Chapter 13

Explore More from Ou Testament

  1. Rigters Chapter 16
  2. 1 Samuel Chapter 19
  3. Job Chapter 1
  4. 1 Samuel Chapter 7
  5. Numeri Chapter 22
  6. Rigters Chapter 21
  7. Job Chapter 33

Related Chapters & Readings

  1. Maleagi Chapter 4
  2. Psalms Chapter 88
  3. Genesis Chapter 49
  4. Handelinge Chapter 1
  5. Amos Chapter 3
  6. Psalms Chapter 91
  7. Lukas Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *