Read 1 Kronieke Chapter 24 Online
Read 1 Kronieke Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Kronieke 24
Hoofstuk 24
1. Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
2. Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Itamar die priesteramp bedien het.
3. En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.
4. Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.
5. En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Itamar.
6. En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Itamar.
7. En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,
8. die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,
9. die vyfde vir Malkía, die sesde vir Mijámin,
10. die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,
11. die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,
12. die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,
13. die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,
14. die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,
15. die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,
16. die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,
17. die een en twintigste vir Jagin, die twee en twintigste vir Gamul,
18. die drie en twintigste vir Delája, die vier en twintigste vir Maäsja.
19. Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
20. Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.
21. Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.
22. Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.
23. En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.
24. Die seuns van Ussiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.
25. Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.
26. Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.
27. Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.
28. Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.
29. Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.
30. En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.
31. En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.
About 1 Kronieke Chapter 24
Read 1 Kronieke Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Kronieke
Chapter: 24
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Kronieke Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Kronieke Chapter 24?
1 Kronieke Chapter 24 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Kronieke
- 1 Kronieke Chapter 5
- 1 Kronieke Chapter 26
- 1 Kronieke Chapter 25
- 1 Kronieke Chapter 23
- 1 Kronieke Chapter 20
- 1 Kronieke Chapter 10
- 1 Kronieke Chapter 8
Explore More from Ou Testament
- Numeri Chapter 23
- 1 Konings Chapter 1
- Haggai Chapter 1
- Miga Chapter 4
- Psalms Chapter 79
- Genesis Chapter 4
- Deuteronomium Chapter 19