Read Spreuke Chapter 5 Online
Read Spreuke Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Spreuke 5
Hoofstuk 5
1. My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
2. dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
3. want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
4. maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.
5. Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.
6. Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
7. Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.
8. Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,
9. sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
10. sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ‘n uitlander kom nie
11. en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
12. en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
13. en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
14. Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
15. Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
16. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
17. Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.
18. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug—
19. die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
20. Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ‘n ontugtige omhels?
21. Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.
22. Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
23. Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.
About Spreuke Chapter 5
Read Spreuke Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Spreuke
Chapter: 5
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Spreuke Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Spreuke Chapter 5?
Spreuke Chapter 5 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 9
- Jesaja Chapter 3
Explore More from spreuke
- Spreuke Chapter 17
- Spreuke Chapter 24
- Spreuke Chapter 28
- Spreuke Chapter 22
- Spreuke Chapter 16
- Spreuke Chapter 20
- Spreuke Chapter 8