Prediker Chapter 8

For English

Read Prediker Chapter 8 Online

Read Prediker Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Prediker in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Prediker and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Prediker 8

Hoofstuk 8

1. Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van ‘n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.

2. Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.

3. Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met ‘n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.

4. Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?

5. Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.

6. Want vir elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.

7. Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees—wie kan hom dit te kenne gee?

8. Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.

9. Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in ‘n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.

10. So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.

11. Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;

12. aangesien ‘n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe—alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,

13. en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos ‘n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.

14. Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.

15. Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.

16. Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word—ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie—

17. het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan—hy sal dit nie kan uitvind nie!

About Prediker Chapter 8

Read Prediker Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Prediker in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Prediker
Chapter: 8
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Prediker. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Prediker Chapter 8 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Prediker Chapter 8?

Prediker Chapter 8 is part of the Book of Prediker in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Prediker Chapter 8 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 4

Explore More from prediker

  1. Prediker Chapter 6
  2. Prediker Chapter 1
  3. Prediker Chapter 11
  4. Prediker Chapter 10
  5. Prediker Chapter 7
  6. Prediker Chapter 1
  7. Prediker Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 22
  2. 2 Samuel Chapter 1
  3. 1 Kronieke Chapter 11
  4. Hooglied Chapter 5
  5. 2 Korintiërs Chapter 8
  6. Daniël Chapter 2
  7. Esegiël Chapter 24
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *