1 Kronieke Chapter 14

For English

Read 1 Kronieke Chapter 14 Online

Read 1 Kronieke Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Kronieke 14

Hoofstuk 14

1. Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom ‘n huis te bou.

2. So het Dawid dan gewaargeword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.

3. En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.

4. En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo

5. en Jibhar en Elisúa en Elpélet

6. en Noga en Nefeg en Jafía

7. en Elisáma en Beëljada en Elifélet.

8. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek.

9. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

10. Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.

11. En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.

12. En hulle het hul gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand.

13. Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.

14. Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.

15. En as jy ‘n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

16. En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.

17. En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.

About 1 Kronieke Chapter 14

Read 1 Kronieke Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Kronieke
Chapter: 14
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Kronieke Chapter 14 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Kronieke Chapter 14?

1 Kronieke Chapter 14 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 14 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Kronieke

  1. 1 Kronieke Chapter 5
  2. 1 Kronieke Chapter 25
  3. 1 Kronieke Chapter 29
  4. 1 Kronieke Chapter 23
  5. 1 Kronieke Chapter 20
  6. 1 Kronieke Chapter 10
  7. 1 Kronieke Chapter 13

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 116
  2. Psalms Chapter 54
  3. Ester Chapter 1
  4. Spreuke Chapter 10
  5. Psalms Chapter 23
  6. Amos Chapter 5
  7. Numeri Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 105
  2. 2 Kronieke Chapter 8
  3. Psalms Chapter 6
  4. Job Chapter 11
  5. Psalms Chapter 144
  6. 2 Korintiërs Chapter 6
  7. Spreuke Chapter 20
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *