1 Kronieke Chapter 15

For English

Read 1 Kronieke Chapter 15 Online

Read 1 Kronieke Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Kronieke 15

Hoofstuk 15

1. En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en ‘n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor ‘n tent opgeslaan.

2. Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

3. En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4. En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5. van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;

6. van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;

7. van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;

8. van die seuns van Elisáfan: Semája, die owerste, en sy broers, twee honderd;

9. van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10. van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.

11. En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Amminádab laat roep

12. en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

13. Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

14. Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.

15. En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.

16. En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

17. Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;

18. en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jehíël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

19. en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

20. en Sagaría en Asiël en Semíramot en Jehíël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;

21. en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.

22. En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

23. En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.

24. En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

25. Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

26. En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27. En Dawid het ‘n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het ‘n linneskouerkleed aangehad.

28. En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

29. Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

About 1 Kronieke Chapter 15

Read 1 Kronieke Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Kronieke
Chapter: 15
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Kronieke Chapter 15 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Kronieke Chapter 15?

1 Kronieke Chapter 15 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 15 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Kronieke

  1. 1 Kronieke Chapter 5
  2. 1 Kronieke Chapter 25
  3. 1 Kronieke Chapter 29
  4. 1 Kronieke Chapter 23
  5. 1 Kronieke Chapter 20
  6. 1 Kronieke Chapter 10
  7. 1 Kronieke Chapter 13

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Samuel Chapter 4
  2. Job Chapter 16
  3. Jeremia Chapter 1
  4. Genesis Chapter 19
  5. Numeri Chapter 3
  6. Rigters Chapter 9
  7. Psalms Chapter 142

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 52
  2. Johannes Chapter 16
  3. 1 Konings Chapter 13
  4. Psalms Chapter 51
  5. Numeri Chapter 8
  6. Psalms Chapter 64
  7. Levitikus Chapter 10
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *