Titus Chapter 1

For English

Read Titus Chapter 1 Online

Read Titus Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Titus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Titus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Titus 1

Hoofstuk 1

1. Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,

2. in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,

3. en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser—aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:

4. Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!

5. Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het—

6. as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.

7. Want ‘n opsiener moet as ‘n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;

8. maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;

9. een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.

10. Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;

11. hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.

12. Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.

13. Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,

14. en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.

15. Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.

16. Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

About Titus Chapter 1

Read Titus Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Titus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Titus
Chapter: 1
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Titus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Titus Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Titus Chapter 1?

Titus Chapter 1 is part of the Book of Titus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Titus Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 13
  3. Johannes Chapter 14
  4. Johannes Chapter 15
  5. Johannes Chapter 12
  6. Johannes Chapter 8
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from titus

  1. Titus Chapter 1
  2. Titus Chapter 2
  3. Titus Chapter 1
  4. Titus Chapter 3
  5. Titus Chapter 1
  6. Titus Chapter 2
  7. Titus Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 36
  2. Genesis Chapter 34
  3. Deuteronomium Chapter 11
  4. 2 Tessalonisense Chapter 3
  5. Daniël Chapter 5
  6. Jesaja Chapter 25
  7. Deuteronomium Chapter 29
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *