Read 1 Kronieke Chapter 23 Online
Read 1 Kronieke Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Kronieke 23
Hoofstuk 23
1. Toe Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.
2. En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.
3. En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt en dertig duisend man.
4. Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;
5. en vier duisend poortwagters en vier duisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.
6. En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
7. Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.
8. Die seuns van Láedan was: die hoof Jehíël en Setam en Joël, drie;
9. die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.
10. En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.
11. En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam ‘n familie, een klas gevorm het.
12. Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.
13. Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
14. En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.
15. Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;
16. die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.
17. En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;
18. die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;
19. die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;
20. die seuns van Ussiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;
21. die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.
22. En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.
23. Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.
24. Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.
25. Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;
26. so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.
27. (Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)
28. Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
29. en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;
30. en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;
31. en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.
32. So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.
About 1 Kronieke Chapter 23
Read 1 Kronieke Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Kronieke
Chapter: 23
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Kronieke Chapter 23 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Kronieke Chapter 23?
1 Kronieke Chapter 23 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 23 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Kronieke
- 1 Kronieke Chapter 5
- 1 Kronieke Chapter 26
- 1 Kronieke Chapter 25
- 1 Kronieke Chapter 20
- 1 Kronieke Chapter 10
- 1 Kronieke Chapter 8
- 1 Kronieke Chapter 6
Explore More from Ou Testament
- Jesaja Chapter 60
- Psalms Chapter 93
- Esegiël Chapter 46
- Jeremia Chapter 10
- Deuteronomium Chapter 8
- Esegiël Chapter 12
- Jeremia Chapter 36