1 Kronieke Chapter 26

For English

Read 1 Kronieke Chapter 26 Online

Read 1 Kronieke Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Kronieke 26

Hoofstuk 26

1. Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf.

2. En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,

3. Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.

4. Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,

5. Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.

6. Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.

7. Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.

8. Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee en sestig van Obed-Edom.

9. Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.

10. En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

11. Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.

12. Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.

13. En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.

14. En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat ‘n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;

15. op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;

16. op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.

17. Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.

18. By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.

19. Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.

20. En die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:

21. die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;

22. die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die HERE.

23. Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,

24. Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.

25. En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.

26. Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het—

27. van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus—

28. ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja—wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.

29. Van die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;

30. van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.

31. Van die Hebroniete was Jería die hoof—daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, ‘n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead—

32. en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.

About 1 Kronieke Chapter 26

Read 1 Kronieke Chapter 26 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Kronieke
Chapter: 26
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Kronieke Chapter 26 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Kronieke Chapter 26?

1 Kronieke Chapter 26 is part of the Book of 1 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Kronieke Chapter 26 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Kronieke

  1. 1 Kronieke Chapter 5
  2. 1 Kronieke Chapter 25
  3. 1 Kronieke Chapter 23
  4. 1 Kronieke Chapter 20
  5. 1 Kronieke Chapter 10
  6. 1 Kronieke Chapter 8
  7. 1 Kronieke Chapter 6

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 31
  2. Job Chapter 12
  3. 1 Samuel Chapter 24
  4. 1 Kronieke Chapter 3
  5. Genesis Chapter 27
  6. Esegiël Chapter 18
  7. Rigters Chapter 7

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 6
  2. Esra Chapter 10
  3. Openbaring Chapter 4
  4. Rigters Chapter 17
  5. Esegiël Chapter 18
  6. 1 Petrus Chapter 5
  7. 1 Korintiërs Chapter 16
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *